Stryder van die Mynhope Andrea Caldwell

Stryder van die Mynhope

Written by  Corne Coetzee Sunday, 21 February 2016 18:21
Rate this item
(1 Vote)

Mariette Liefferink, omgewingsaktivis, is die blondekop wat TV-kykers van die nuus, van 50/50, of van Carte Blanche dikwels op mynhope sien rondstap. Corne Coetzee het met haar gesels.

 

As 'n strydvaardige omgewingsaktivis is Mariette Liefferink 'n verrassing. Elegant, stylvol, haar uitrusting gepas vir enige raadsaal, haar stem sag en vriendelik.

In haar stylvolle sitkamer met antieke meubels sien 'n mens eerste die pragversameling wit-en-blou porselein en keramiek raak.

Geen teken van die talle toekennings wat sy en haar organisasie die afgelope agt jaar sedert sy stigting gewen het nie.

Die jongste is Rotariers lnternasionaal se hoogste eer, die Paul Harris-toekenning vir vanjaar. Dan was daar die SAB se toekenning vir Omgewingsaktivis van die Jaar in 2013 en die Kanseliersmedalje van die Noordwes-Universiteit.

Sy maak vir ons tee in Royal Albertkoppies, 'n bossie lekkerruikkruie met 'n lint vasgebind by die eetgoedjies op die silwer skinkbord.

"Nie self gemaak nie, van Woolworths," maak sy verskoning. In haar kombuis staan 'n mooi kookboek oop op 'n stander. Nee, dis vir versiering, sy kook nie meer so dikwels nie - nie meer tyd nie. Sy het altyd onthaal in haar vorige lewe en vir baie mense op 'n slag, ook gehelp met troues. Orn dit te staaf, haal sy haar ou Kook en geniet uit - hy staan bult van al die ekstra resepte daarin, met vet- en sous- en deegkolle die letsels (of medaljes) van 'n boek wat hard gewerk het.

Die onthaaldae is egter verby. Sy wy nou haar tyd aan die Federasie vir 'n Volhoubare Omgewing (FVO), waarvan sy een van die stigterslede en die uitvoerende hoof is.

Die organisasie sonder winsbejag word beskou as die prominentste van die aktivistiese dorings in die vlees van mynmaatskappye en enigiemand wat met die omgewing mors.  

Mariette is in 2013 deur die aanlynpublikasie MiningMx as een van die 100 invloedrykste mense in Afrika se mynboubedryf benoem, een van hul "Rainmakers and Potstirrers".  FVO spits horn toe op die deel van die grondwet wat oor die reg op 'n gesonde omgewing en die reg tot toegang tot inligting gaan. Die organisasie se visie is om mense wat nie weet wat hul regte is nie, daarvan bewus te maak en hulle by te staan om op die regte aan te dring. Die fokus is op die skadelike gevolge wat die bedryf op die omgewing het.

Waar ook al suurmynwater uit ou myne grondwater en riviere so besoedel dat die plante en visse vrek, en dat diere en mense wat daarvan drink spontaan kan aborteer of kanker kry, daar sien 'n mens Mariette as die gesig en hoof van die FVO.

In raadsale, kantore, lesingsale, plakkerskampe, myne se slikdamme. Dis dalk hoekom jy haar altyd deur 'n ring kan trek, om 'n teenstelling te vorm met die sake waarmee haar organisasie horn bemoei. "Ons onderwerp is maar baie onsmaaklik, 'n mens noem dit "brown issues".

Of dalk is Mariette maar net deur en deur, van blonde kop tot deftige hoehakskoene, elegant.

Haar omgewingsaktivisme het begin met 'n nie-op-my-werf-nie-storie. Shell wou in 1995 twee Ultra-brandstofhawens oorkant mekaar in haar woonbuurt in Bryanston bou. Mariette het die reus - toe nog die grootste oliemaatskappy in die land - aangevat. Eers was die bure saam met haar in die stryd, maar daar is mos so iets soos kwessie-uitputting, se sy. Toe die stryery jaar na jaar voortsleep, het mense begin moeg word vir die storie. "En dis waar een van my eienskappe inkom. Ek is 'n marathon-hardloper, ek hou aan."

Sewe jaar lank het Mariette teen Shell baklei. Sy het gou gesien dat sy haar teenstanders se taal sou moes leer. Sy het eers haar pa, magistraat Frans Maritz, se regsboeke geleen en toe haar eie bygekoop. Deesdae het sy 'n hele biblioteek van wetsboeke en sy ken die wet. En sy het die stryd gewen. Die brandstofhawens is laat vaar. Die grond wat Shell gekoop het, le steeds daar - dit het die maatskappy miljoene gekos.

Toe sy die geveg wen, het dit iets in haar wakker gemaak. Die stryd het groter geword; dit het nie net oor haar eie agterplaas gegaan nie. "Skielik was die mooi huis, die keurige onthaal, nie meer belangrik nie." Sy het ander maniere van vervulling ontdek. Omgewingsgeregtigheid vir almal het die saak geword waaraan sy

haar lewe verder sou wy. "Mense het verskillende ambisies," se sy. "Party wil finansieel suksesvol wees, ander wil akademies presteer, nog ander wil 'n verskil in mense se lewe maak."

In praktyk is die FVO se werk om fluitjies te blaas wanneer maatskappye nie reg optree nie. En dit beteken om inligting in die hande te kry en te weet wat die inligting beteken. En dit dan weer beskikbaar te stel, want almal het die reg om te weet wat in hul omgewing aangaan. 

Sy dien op meer as 20 adviserende of uitvoerende komitees en nasionale kommissies van onder meer die department van water en sanitasie, nasionale en streeksreelingskomitees, almal te doen met water of omgewing; sy is lid van verskeie navorsingsprojekte, onder meer van die Noordwes-Universiteit, en sy dien ook op die Menseregtekommissie.

Dis nie net 'n kwessie van vergaderings bywoon nie. Sy moet haar storie ken en haar boodskap oordra; sy moet praat vir die wat nie 'n stem het nie. En sy moet op optrede aandring. Elke dag is propvol. Sy werk op die oomblik daaraan om 'n simposium vir 90 afgevaardigdes wat uit Europa na Johannesburg kom, te organiseer. Die internasionale vereniging van dokters en ander gesondheidswerkers (IPPNW) het die FVO genader om hulle met die se symposium oor uraanmynbou te help. "Dis 'n groot eer vir ons," se Mariette. "Hulle het groot aansien. Hulle het in 1985 as organisasie die Nobelprys vir Vrede gewen." Die week is sy ook vir tee genooi - na Nick Holland, uitvoerende hoof van Gold Fields-mynmaatskappy. 

"Genooi, let wel!" se sy. Dis tekenend van 'n paradigma-verskuiwing, se sy. Haar verhouding met die myne was altyd konfronterend, maar dit is aan die verander. "Die situasie was lank een van wenverloor - met die myne aan die wenkant en die armes en die omgewing aan die verloorkant - maar nou begin die myne besef hulle moet in gemeenskappe terugploeg.  Hulle kan nie meer straffeloos net goud uithaal, water besoedel en van toksiese uitskot wegstap nie."

Terwyl ons gesels, lui die klokkie by haar hek. Sy verwag die loodgieter, maar dis 'n aflewering van 'n leer twee handbreedtes dik. Dis 'n nuwe omgewingsimpakstudie van 'n mynmaatskappy. Die aflewering is nog 'n bewys dat dinge aan die verander is. Vroeer is haar versoeke vir inligting dikwels ge"ignoreer, en sy moes pleit en soebat om dit te kry, dan dit waar ook al gaan haal. Nou word dit afgelewer.

Die dikke leer sal nou bestudeer moet word. Sy moet die wet ken en die dikwels tegniese taal verstaan. Sy sal sinvolle kommentaar daaroor moet skryf, soos dat die sosiale of visuele impak ook bestudeer moet word.

Daar is soms hofsake, 6f wat die FVO inisieer, 6f waar hulle ander mense bystaan. Sy is ook op 'n komitee van die Wereldgesondheidsorganisasie se Agentskap vir Navorsing oor Kanker (IARC) aangestel. "Ons gaan na hare kyk. Uraan, wat in die afval van goudmyne (en wat kanker kan veroorsaak) voorkom, akkumuleer in mense se hare," se sy.  Sy neem dikwels werkswinkels waar in arm gemeenskappe wat gewoonlik op of naby mynhope of stroomaf van besoedelde riviere woon.

Saam met die werkswinkels gaan gewoonlik 'n voedingskema - dan neem sy pakkies vrugte saam om uit te deel.  En uit haar eie sak en vir haar eie hart, kos vir die maer honde wat dikwels daar rondloop.  Soms pak die FVO 'n nuwe stryd aan, soos om die departement van water by die Openbare Beskermer aan te kla, of kriminele klagte teen oortreders van die Waterwet in te dien.

Maar van al die onvermoeide werk weet haar kleinkinders, Mila (6), Isabella (5) en klein Grace, die nuwe lentebaba, niks. Vir hulle is ouma Mariette 'n speelmaat. Hulle pak haar kas met silwer uit, en maak vir haar speel-speel tee en koek, hulle pluk kruie in die tuin en vryf dit tussen hul vingers en ruik daaraan ...

Dieselfde ouma wat more weer foutloos gegrimeer en gehakskoen tussen plate giftige geel suurmynwater gaan rondstap, of in 'n informele nedersetting oor omgewingsgeregtigheid gaan praat, of in 'n raadsaal gaan opstaan en 'n multimiljard-maatskappy gaan betig, of in 'n polisiekantoor 'n klag teen 'n myngroep gaan indien.

Geen wonder daar is nie meer tyd vir kook nie. Yk

Vrouekeur 1 Januarie 2016

 

MINING

It’s all about the money

The hazardous mining by-product raises two questions – who’s to blame and who should pay. The acid mine drainage crisis is going to cost someone a lot of money, but probably not the people who caused it. The “polluter pays” principle was next to impossible to apply to the acid mine drainage problem in a retrospective way, said Marius Keet, chief director for mine water management at the department of water and sanitation.

Down in the dumps, there's hope

"WHERE there's waste, there's opportunity," said mining hydrologist Kym Morton, ...

Fokus reports on Coal Mine east of Springs

SABC's Fokus of 23 July 2017 addresses the planned Palmietkuilen coal mine east ...

SA NEWS

Addressing waste and pollution of the past

The Federation for a Sustainable Environment is proud to announce the launch of the booklet titled “Rehabilitation of Mine Contaminated Eco-Systems. A Contribution to a Just Transition to a Low Carbon Economy to Combat Unemployment and Climate Change” by Mariette Liefferink of the Federation for a Sustainable Environment (FSE). The booklet was commissioned by the Alternative Information and Development Centre (AIDC) in collaboration with the Friedrick Ebert Stiftung.

Nuwe myn ‘sal duisende hul huise kos’

Byna 10 000 mense sal verskuif moet word as Anglo Operations Ltd en Canyon Coal hul sin kry om ’n massiewe oopgroefsteenkoolmyn oos van Springs te begin.

SA coal mines leave legacy of ruin

Johannesburg - A 19-month data investigation of mine closures indicates that since at least 2011 no large coal mines operating in South Africa have been granted closure.

Besoedelingklagte: Mynbase daag nie by hof op

Drie direkteure van die Blyvooruitzicht- en Village Main Reef-goudmyn buite ­Carletonville kan ’n boete van tot R10 miljoen of tien jaar tronkstraf opgelê word weens die beweerde besoedeling en agteruitgang van die omgewing.

WATER

Coalition defending Mpumalanga water source area

Last week, the coalition of eight civil society and community organisations that has been resisting the proposed coal mine inside a protected area and strategic water source area in Mpumalanga launched further proceedings in the Pretoria High Court.

Project to heal polluted river . System will·create stream·of jobs

THE POTENTIAL to create 100 climate jobs and to help : bring a "dead river syste...

'Mine Water can be treated, safe'

SOUTH Africans have to "change their mindsets" that they can't drink acid mine d...