Besoedelingklagte: Mynbase daag nie by hof op

Written by  Elise Tempelhoff Thursday, 04 May 2017 07:14
Rate this item
(0 votes)

Drie direkteure van die Blyvooruitzicht- en Village Main Reef-goudmyn buite ­Carletonville kan ’n boete van tot R10 miljoen of tien jaar tronkstraf opgelê word weens die beweerde besoedeling en agteruitgang van die omgewing.

Dalubuhle Ncube, Paul Marius Saaiman en Mark Burrell moes Vrydag in die streekhof in Merafong verskyn, maar het nie opgedaag nie.

Die saak is op versoek van die staat tot 21 Julie uitgestel sodat die naam van nog ’n mynmaatskappy in die omgewing of sy direkteure by die klagstaat gevoeg kan word.

’n Lasbrief vir die inhegtenisneming van Ncube, Saaiman en Burrell sal op daardie dag uitgereik word as hulle nie by die hof opdaag nie. Die drie is aangekla van 11 oortredings van omgewingsbestuurswetgewing en die Wetsontwerp op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne.

Omgewingsregkenners meen die saak kan ’n presedent skep vir die direkteure van mynmaatskappye wat ’n myn laat likwideer in ’n poging om die verantwoordelikheid te ontduik om die gebied te rehabiliteer.

Mariette Liefferink, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing, het in Februarie 2014 strafregtelike klagte teen die direkteure van DRD Gold en Village Main Reef by die polisie in Carletonville aanhangig gemaak weens die besoedeling van die omgewing.

Die Groen Skerpioene het die mans verlede maand aangekla.

Hulle word onder meer daarvan beskuldig dat hulle die Wonderfonteinspruit met massiewe hoeveelhede uraan (wat in die mynafval teenwoordig is) besoedel het. Die Wonderfonteinspruit vloei deur die Gerhard Minnebron (’n waterbron) in die Mooirivier waaruit Potchefstroom sy water kry. 

Hulle is glo deur die owerheid beveel om die mynafval op te ruim, maar het dit nie gedoen nie.

Die direkteure het na bewering van Junie tot Oktober 2014 geen stofkontrole gedoen nie en hul omgewingsbestuursplan telkens oortree. Luidens die klagstaat meen die departement van minerale bronne dit sal sowat R143 miljoen kos om die omgewing te rehabiliteer.

Luidens ’n brief wat in Augustus 2013 aan die beskuldigdes geskryf is, was daar ’n tekort van sowat R108 miljoen in die mynhuise se rehabilitasiefonds. Die tekort is na bewering nooit aangevul nie. – Elise Tempelhof 

 

Elise Tempelhoff

MINING

Open-cast· coal mine a threat to Springs wetland

WITH hands covered with liver spots, Stan Madden points out the expanse of Aston Lake glimmering  in  the  distance Fields of near-ripened meal­ies and clusters of soya beans stretch across this fertile, wet­land-sodden landscape on the outskirts of Springs

Tough times for S.Africa town blighted by mine closure

The closure of the mine at Blyvooruitzicht, which sat on one of South Africa's r...

R60 Billion held for mines that are never closed

Never-before-seen data shows a fortune has been set aside for mine rehabilitatio...

SA NEWS

Nuwe myn ‘sal duisende hul huise kos’

Byna 10 000 mense sal verskuif moet word as Anglo Operations Ltd en Canyon Coal hul sin kry om ’n massiewe oopgroefsteenkoolmyn oos van Springs te begin.

SA coal mines leave legacy of ruin

Johannesburg - A 19-month data investigation of mine closures indicates that since at least 2011 no large coal mines operating in South Africa have been granted closure.

Besoedelingklagte: Mynbase daag nie by hof op

Drie direkteure van die Blyvooruitzicht- en Village Main Reef-goudmyn buite ­Carletonville kan ’n boete van tot R10 miljoen of tien jaar tronkstraf opgelê word weens die beweerde besoedeling en agteruitgang van die omgewing.

LLM/MPhil in Environmental Law Programme launched

  The Department of Public Law at the University of Pretoria hosted a launch of its LLM and MPhil programmes in Environmental Law, coordinated by Ms Melanie Murcott, Senior Lecturer, Environmental and Administrative Law, in February 2017.

WATER

Eastern Basin acid water plant is "sledgehammer"

The Department of Water and Sanitation (DWS) has used a "sledgehammer" for its R1bn treatment plant for acid mine drainage (AMD) on the Eastern mining basin that could ultimately create more toxic water.  This is the view of water strategy and consulting mining hydrologist Kym Morton, who believes government is "wasting money" by pumping large volumes of water and adding lime that makes it alkaline but still toxic and hazardous. 

SABC Health Talk, Environmental Health: 25 February 2017

Focus on preventing illness rather than incurring the expense of treatment....

Rand Water tightens the taps in Gauteng

In the Midvaal suburb where Sipho Mosai lives, the gardens are lush and green be...