Blue Scorpions hit mine on plan to flood pit in reserve
Die Blou Skerpioene het verlede week toegeslaan op Platmin, wat ‘n reuse-oopgroefmyn in ‘n beoogde erfenis-gebied op die voorstoep van die Pilanesberg-natuurreservaat bedryf.
Nigel Adams, hoof van die Blou skerpioene, het gese ‘n span van die department van waterwese doen tans ‘n ondersoek na Platmin se bedrywighede in die beoogde erfenispark wat die Pilanesberg-natuurreservaat en Madikwe sou verbind.
Dit kom nadat die Federasie vir ‘n Volhoubare Omgewing (FVO) verlede week ‘n strafregtelike klag teen Platmin aanhangig gemaak het.
Charmane Russell, woordvoerder van Platmin, hou vol die myngroep het ‘n “konsep-waterlisensie” en dat die myn nou saam met die “regulatoriese owerheid” werk.
Adams het gese Platmin het nie ‘n waterlisensie nie.
Hy het bevestig die Blou skerpioene ondersoek die bewering dat Platmin reeds die Wilgerivier, in die Krokodil-Marico-opvangsgebied, onregmatig verle het om vir die myn plek te maak.
Volgens Adams bestaan daar nie so iets soos ‘n “konsep-waterlisensie” nie.
“Die Nasionale Waterwet maak nie vir so iets voorsiening nie”, het hy gese.
Op ‘n vraag aan Russell oor hoe Platmin dit kon oorweeg om ‘n rivier sonder ‘n waterlisensie te verle, het sy gese sy gaan nie kommentaar lewer nie.
Sy het bygevoeg Platmin weet nie van die Blou Skerpioene se ondersoek nie.
Mariette Liefferink van die FVO het intussen ‘n brief aan Susan Shabangu, minister van mineral bronne, geskryf waarin sy vra dat Platmin se mynreg opgeskort of teruggetrek word omdat die groep nie ‘n water lisensie het nie.
Russell het hierop gese Platmin weier om kommentaar te lewer op dokumentasie wat Liefferink blykbaar aan die minister gestuur het.
Zingaphi Jakuja, departmentele woordvoerder van minderal bronne, het bevestig Shabangu het Liefferink se brief ontvang.
“Die department hanteer die saak”, het Jakuja gese.
Intussen het Mandla Mpangase, woordoverder van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), wat aan die staat behoort, bevestig die NOK het in 2012 R3,24 miljard in Platmin se myn in die beoogde erfenisgebied bele.